Babasorg - Kleutersorg

Algemene Inligting

Marietjie van Niekerk Pre-Primêr is ‘n afdeling van Laerskool Marietjie van Niekerk. Die Kleuterskool sowel as die Babasorg eenheid word volgens Christelike beginsels bedryf. Marietjie van Niekerk Pre-Primer bied voldag versorging aan babas vanaf geboorte tot Graad R. Ons bied jou die gemoedsrus dat jou kind sy volle potensiaal sal ontwikkel, veilig sal voel en hom ten volle sal geniet. U kind se geluk en welsyn lê ons na aan die hart en word te alle tye nagestreef. Gedifferensieërde onderrig binne elke ouderdomsgroep verseker die nodige aandag en stimulering wat deur individue vereis word. Die babasorg bestaan uit 5 klaskamers, goed toegerus en baba-vriendelik. Die baba-klasse volg ‘n uitgewerkte stimulasie program. Hulle is die meeste van die tyd op die speelvlak waar hulle leer om te rol, te strek na speelgoed, te sit, kruip, hulself op te trek en uiteindelik te loop. Dit beskik oor aparte fasiliteite en speelgronde. Die kleuterskool bestaan uit 6 klaskamers. Die klaskamers is goed toegerus met opvoedkundige toerusting en speelgoed. In die klaskamers heers ‘n vrolike atmosfeer, maar tog met genoegsame dissipline waar ons speel-speel leer om voorbereid te wees vir die jaar wat hierna volg. Ons jaarprogram word ingedeel in ‘n verskeidenheid interessante temas, wat op ‘n gereelde basis ook ondersteun word met uitstappies. Die kleuterskool is op die terrein van Laerskool Marietjie van Niekerk geleë, wat die kleuters se oorgang na Graad 1 sonder trane laat verloop. Arbeidsterapeute is op die perseel beskikbaar vir kleuters wat aanvullende hulp benodig. Saam met ‘n baie betrokke ouergemeenskap streef ons daarna om aan elke kleuter ‘n uitmuntende leer- en speelervaring te bied.

Personeel

Moeder Hen 0-24 maande 

Me. M. Du Preez

     

Goggatjies 2-3 jariges

Me. E. Kleyn


Disney land  3 -4 jariges Me. R. Hoof
   4-5 ariges Me. A. Rosslee 
     
Lions  5-6 jariges (Engels medium)  Me. P. Steenekamp
Safari  5-6 jariges

Me. H. Kruger

Omgee tannies

As jou kind voor skolastiese en emosionele uitdagings staan, is ons daar om hulp te verleen en ondersteuning te bied. Hulpverlening word aangebied in die vorm van:

  • Kinderassessering (IK, skolastiese en emosionele toetse)
  • Kinder- en spelterapie
  • Berading aan ouers en kinders
  • Ouerbegeleiding
  • Skoolgereedheisevaluering
  • Studiemetodes
  • Positiewe selfkonsep vorming en motivering
Marune van Vreden
Melanie de Clercq
Spraakterapeut - Mollie

Skoolure

 

Die Kleuterskool open soggens op weeksdae om 7:00.
Halfdag kleuters moet voor 13:15 gehaal word en voldag kleuters voor 17:15.

Naskoolsentrum

Me. B. Krause (Graad 1), Me. Elize Krause(Graad 4 – 7) en Me. M.
Pretorius(Graad 2 -3) sorg elke middag dat ons leerlinge se magies vol is, dat
hulle hulle skoolwerk pligsgetrou afhandel en nog tyd het om heerlik buite te
speel, lag en gesels.