Missie & Visie

  • Visie en Missie

Visie

By Laerskool Marietjie van Niekerk streef ons na kwaliteit opvoeding en onderrig om elke leerder te ontwikkel om sy of haar volle potensiaal te bereik en as ‘n Christen te kan leef. 

Missie

Om leerders doelgerig voor te berei om as gebalanseerde volwassenes ‘n positiewe verskil in die samelewing te maak, deur ‘n gelukkige stabiele omgewing te skep. 

‘n Leerder van Laerskool Marietjie van Niekerk besef dat:
• die lewe aan ons geskenk is ‘n gawe van God;
• ons daarvoor moet dankbaar wees;
• ons ons dankbaarheid toon deur diensbaar te wees en nie altyd te verwag om gedien te word nie;·
• die wêreld en die lewe hom/haar niks skuld nie; en
• ons wel aan God alles verskuldig is; want Hy het ons die lewe geskenk en ook die wêreld om dit te
bewaar.

Etos van die skool

Leerders van Laerskool Marietjie van Niekerk leef die skool se leuse, naamlik BOU VOORT, elke dag ten volle uit! 

‘n Goeie, getroue, lojale leerder is altyd paraat (gereed) om: 

  • hom/haar voorbeeldig te gedra;
  • sy/haar fasiliteerder (onderwysers) en ouers te respekteer en te gehoorsaam; 
  • ‘n pligsgetroue leerder te wees wat in die klaskamer, op die kultuurakker en op die sportterrein sy/haar bes te doen.
  • sy/haar huiswerk gereeld en pligsgetrou doen;
  • nederig te wees, maar terseifdertyd ook waagmoed aan die dag te lê in elke situasie;
  • inisiatief te neem wat betref lewerlng van diens aan sy/haar medemens;
  • aktief betrokke te wees by sy/haar eie persoonlikheidsontwikkeling.